
Somtyds verras Hollywood ‘n mens aangenaam met die geestelike insigte waarmee hulle in flieks vorendag kom. Ander kere weer moet ‘n mens maar mooi onderskei en swaar sluk. Hoe dit ook al sy, in die tweede X-men fliek, X-2, vind daar ‘n interessante gesprek tussen twee superhelde, Storm en Nightcrawler plaas. Storm is weens haar hartseer agtergrond van misbruik deur baie mense, uiters bitter, kwaad en kort van draad. Haar vertroue in ander mense is ook baie laag en gevolglik duld sy nie ander men [...]

Psalm 119:68 bely dat God goed is; daarom doen Hy goed. Die Boodskap stel dit as volg: “U is die Bron van alles wat goed is, U doen net goeie dinge.” Inderdaad! God is goed. God is goed vir álmal op aarde. Hy is uitsonderlik goed vir al Sy kinders. Hy oorlaai ons met al Sy genade. Hy doen dit aanhoudend. Hy doen dit vir altyd. [...]

Asaf verloor amper sy laaste greintjie geloof in Psalm 73. Dit gebeur as hy sien hoe sleg dit met homself gaan en hoe goed dit met goddeloses, wat nie die Here dien nie, gaan. Luister net hoe hy verwyte uitklaag in vers 13-14 (DIE BOODSKAP): “Ekself het verniet gedoen wat God sê. My gebede het niks gehelp nie. Dit was ‘n mors van tyd, want elke nuwe dag het ‘n vrag vol nuwe probleme op my gewag. Daar was geen einde aan my swaarkry nie. [...]

Een van die mees inspirerende Christen-denkers van die laaste honderd en vyftig jaar is sekerlik GK Chesterton. Onlangs het die BBC ‘n TV-reeks van sy reeks Father Brown-stories vervaardig. Dis werklik goeie kykmateriaal. Father Brown is die plaaslike priester van die katolieke gemeente in ‘n klein dorpie. Hy is baie skerp in sy waarnemingsvermoë en daarom is hy dikwels geneig om misdade en veral moorde te ontrafel en die skurk te aan die kaak te stel, nog voordat die polisie werklik weet wat aa [...]

‘n Paar nuusbriewe gelede het ons begin gesels oor Edwin Friedman se navorsing aangaande leierskap waarin hy die punt maak dat daar vandag ‘n gebrek aan durf en moed by leiers bestaan as gevolg van ons angstige samelewing. Leiers word in baie toksiese omgewings nie toegelaat om die leiding te gee wat hulle behoort te gee, om gemeenskappe te laat floreer nie. Ek sê “leiers word nie toegelaat nie”, maar Friedman bedoel ook dat leiers bang is om die leisels te neem. Ons het daarop gewys dat leiers [...]

Ons is nie geroep om alles in die lewe te verstaan of te verklaar nie. Ook skuld ons nie antwoorde aan almal oor elke denkbare geloofsvraag, probleem, of krisis nie. Daarom verval ons nooit in oorhaastige clichés soos dat God op misterieuse wyses werk nie. God is nie ’n misterie nie, nie in die sin dat Hy totaal onbegrypbaar en onkenbaar is nie. God het Homself genoegsaam in die Bybel bekendgemaak sodat ons in ’n verhouding met Hom kan leef. Sy wil is ook nie in ’n misterie gehul nie. Jesus self [...]

Dit was Martin Luther King Jr wat op ‘n keer gesê het dat as jy ‘n straatveër is, dan moet jy dit doen met dieselfde oorgawe as waarmee die Italiaanse meester, Michaelangelo, sy beeldhouwerke uitgekap het. Of waarmee ’n Mozart sy geniale musiek gekomponeer het. Paulus het iets soortgelyk in gedagte in 1 Korintiërs 10:31 en in Kolossense 3:17. Hy sê naamlik hier dat alles in ons lewe oor die Here moet gaan. Of ons eet, of drink, of enigiets doen, ons doen dit vir Hom. [...]

Dis gewild om te vertel hoe party gelowiges se droogmakery mense wegdryf van die kerk af. Gedurig moet jy hoor van mense wat hulle geloof vaarwel geroep het oor kerklike skynheiligheid. Maar min mense vertel ooit vir jou hoe nie-gelowiges se hooploosheid en uitspattige leefwyses ander mense tot geloof gelei het. Dit besef ek opnuut toe ek lees hoe iemand op sosiale media sê sy is moeg om gedurig te moet hoor van mense wat hulle geloof prysgegee het as gevolg van sekere gelowiges se skynheilighei [...]

Integriteit is nie gelyk aan die doen van ’n paar vroom godsdienstige dinge nie. In Matteus 6:1-18 sê Jesus dat godsdienstige dade ook sonder integriteit kan gebeur. Dinge soos gebed, vas en hulp aan die armes kan maklik misbruik word om eie eer te verdien. Jesus se volgelinge moet daarom doelbewus kies om nie sulke dinge te doen om deur ander mense raakgesien te word nie. God se goedkeuring maak die heel meeste vir ons saak. [...]

Hulle sê mense is uitkykers. Iewers word ons almal op en af gekyk, uitgekyk, deurgekyk, aangestaar, vuil gekyk, stukkend gekyk … jy noem dit! Almal van ons ken dit. Almal van ons doen dit een of ander tyd. Ons word uitgekyk en ons kyk uit. Ons kyk en vorm opinies. Ander staar ons aan en doen dieselfde. [...]

Luister ‘n bietjie na al daardie geykte Nuwejaarswense en verjaarsdagwense, dan hoor jy hulle almal gaan eintlik net oor voorspoed en geluk. Sulke wense is baie veilig. Wel, dis darem ook nie verkeerd om mekaar sulke mooi dinge toe te wens nie. Ons weet egter die lewe werk nie heeltemal so nie. Groen weivelde en stil waters is ons almal se droom, maar hoe leef ons die res van die tyd? Hoe help ons geloof ons wanneer ons op ander lewenspaaie moet loop? [...]

People will always remember how you made them feel …” Hierdie is ‘n gewilde sê-ding op sosiale media. Elke keer wanneer ek dit raaklees, wonder ek hieroor. Dalk gebeur dit omdat sulke idees nooit voorop in my eie kop is nie. Ek probeer nie om mense se herinneringe te bestuur nie. Ek probeer nie doelbewus om hulle gevoelens teenoor my te beïnvloed nie. Om dit te doen, sou vir my op manipulerende gedrag neerkom. [...]

Ons wil graag diegene naby aan ons in watte toedraai. Ons as ouers wil ons kinders beskerm teen die stampe en stote van die lewe. Net so wil ons ons huweliksmaats vrywaar van seerkry. Ons wil ons vriende ook op die hande dra. Maar ons kan ongelukkig nie altyd fisies daar wees vir mekaar nie. Boonop is dit dalk ook nie die wysste ding onder die son om ons geliefdes gedurig uit die avontuursones van die lewe te probeer weghou nie, want die lewe is nie sonder uitdagings en verrassings nie. Die lewe [...]

Op 2 Julie 1505 was Martin Luther onderweg na die Duitse stad, Erfurt. Toe beland hy in ’n groot donderstorm. Weerligstrale het naby hom geslaan. Hy het vir sy lewe gevrees. Toe maak Luther ’n gelofte dat as God sy lewe spaar, sal hy ’n monnik word. [...]

As party mense bid: “Bewaar my, Here,” dan bedoel hulle eintlik: “Preserveer my.” Of: “Moenie my gebruik nie.” Om kos te preserveer is om dit vars te hou tot by die vervaldatum op die verpakking. Sommiges wil hê die Here moet dieselfde met hulle doen. Hy moet hulle eintlik ongebruik deur die lewe laat gaan. Hulle moet heel en ongeskonde by Hom aankom wanneer hulle aardse rakleeftyd verstryk. [...]

Die afgelope week het ek die langverwagte Christopher Nolan weergawe van The Odyssey gekyk, die bekende Griekse storie deur die antieke digter, Homeros. Dit was in vele opsigte ‘n fees vir die sintuie en die siel en Nolan het homself net weer bewys as ‘n bobaas storieverteller. Die storie handel oor Odysseus, die koning van een van die Griekse provinsies, ‘n veteraansoldaat van die slag van Troje. Na die Trojaanse veldslag probeer hy om by sy huis, sy vrou en sy seun uit te kom. Sy terugkeer wor [...]

Ons almal ken die woord “skynheilig”. Nie een van ons hou daarvan om dit te wees nie. Om skynheilig te wees is om iets voor te gee wat ons nie is nie. Dit is eintlik om iemand anders se lewe by hulle te leen. Januarie Ellen Harrison (1850-1928) het so ’n soort lewe as “masquerading” getipeer. Sy beskryf dit as: “… putting on the mask of another’s features, dress, experiences, emotions …” [...]

Toe ons onlangs in Italië was, net nadat ons die magtige Colosseum besoek het, het van die groeplede gevra wat mense dan dryf om as vermaaklikheid diere en mense so koelbloedig te vermoor. “Daar moet ‘n groot skroef los wees met sulke mense,” sê een persoon vir my. Ek stem. Die Bybel ook. Die Woord van die Here sê dat ons almal moet waak teen die donkerte binne-in ons. [...]

Ons het al ‘n paar keer oor die belangrikheid van kultuur gepraat en hoe sentraal dit vir leiers is in die skep van gesonde gemeentes, besighede en organisasies. Dis die kultuur wat die bevorderlike omgewing skep vir enige goeie doelwit vir die organisasie om te realiseer. Die kultuur van ‘n organisasie is die heel belangrikste saak waaraan ‘n leier kan aandag gee. Min leiers fokus egter daarop omdat kultuur nie maklik waarneembaar is nie. [...]
