WIE IS EKERK

Ekerk is eerstens nie 'n eie kerk nie. Ekerk vervang ook nie jou plaaslike gemeente nie. Ekerk is bloot net nog 'n manier om kerk in die wêreld te wees. Deur middel van Christelike groeimateriaal en lewendige byeenkomste vorm alle ekerkers deel van 'n gemeenskap van Christelike gelowiges regoor die wêreld.

Sonder tierlantyntjies wil ons die boodskap van Jesus se liefde uitdra en mekaar aanspoor om die liefde van Jesus grondlangs uit te leef. Dit is hoekom die Bybel vir ekerk sentraal staan.

Deur die Bybel leer ons Jesus beter ken en fokus ons om God se Woord meer verstaanbaar te maak. Deur die Bybel te kommunikeer hoop ons dat Jesus se boodskap van liefde meer prominent in gelowiges se lewens sal wees.

Enigiemand is welkom as deel van die ekerk familie.