Bybelskole - God se wil

Wat is God se wil vir my lewe? Wat is God se wil vir Suid Afrika?

Hierdie skyn ’n tema te wees waarmee menige gelowige worstel en waaroor baie mense wonder. In hierdie God se wil videoreeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het.