Blog
Geloof is nie op uitverkoping nie

Geloof is nie op uitverkoping nie. Nooit nie. Daar’s nie gedurig spesiale aanbiedings op die geloofsfront teen afslagpryse beskikbaar nie. Dit is definitief ook nie ons werk om geloofsaanbiedings namens die Here orals aan te bied sodat Hy hoog op mense se gewildheidsleer moet bly nie. God sit eerlikwaar nie en wag op ’n bietjie aandag van ons kant af nie. Sy enigste vriende is nie net ’n paar verdwaalde kerklikes nie. [...]

Hoe weet ‘n leier wanneer die organisasie vassit?

As daar een ding is wat die nuutste tegnologiese ontwikkeling, soos Kunsmatige Intelligensie, ons leer, is dit dat leiers moet sorg dat hulle gemeentes of organisasies byhou en aanhou innoveer. Baie besighede of spanne beleef egter tye van stagnasie, sonder dat die leier besef wat aan die gang is, of terwyl die leier so in ontkenning leef dat hy nie werklik die waarheid in die gesig staar nie.  [...]

Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval

As jong hoërskooldogters moes ons gereeld tydens saalbyeenkomste Psalm 16:6 opsê: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval. Ja, my erfenis is vir my mooi.” (Lees gerus die pragtige vertaling in Die Boodskap). [...]

Ek leef nou al in Jesus se hemelse ateljee

Ek is deur Jesus genooi om binne Sy verhaal te leef. Nee, dis nie andersom, soos wat sommiges dink nie. Ek nooi nie vir Jesus in my storie in nie. Hy nooi my in Syne in. Hy maak my deel van sy lewe. Nooit vergoddelik ek my eie storie nie. Nooit leef en skryf ek glansryke outobiografieë oor my suksesse en prestasies nie. Jesus se opofferende lewe is my voorbeeld, my padkaart, my bladmusiek en my lewensteks. Ek lees en leef Sy verhaal. Ek maak dit my eie. Binne die evangelies vind ek my nuwe ident [...]

Om ’n naaste te wees gebeur onbepland

Nabyheid beteken ook verantwoordelikheid. As ’n navolger van Jesus kan jy nooit anderpad kyk as mense rondom jou nood ly nie. Of as hulle leef soos wat hulle wil nie. Jy leef immers op die pad na Jerigo toe. Jy leef op daardie einste pad waarop die Samaritaan, van wie Jesus ons in Lukas 10 vertel en by wie ons ook in die vorige nadenke stilgestaan het, homself bevind. Hierdie gelykenis van Jesus maak dit duidelik dat ons nie altyd kan beplan wanneer en hoe graag ons ‘n naaste vir ander mense wil [...]

“'n Soet vriendskap verkwik die siel." (Spreuke 27:9)

Die Amerikaanse pastoor en skrywer, Stuart Briscoe, vertel die verhaal van 'n vriend, wat as tiener dikwels 'n ou vrugteboom gebruik het om uit sy slaapkamervenster op die tweede verdieping te ontsnap, veral as sy pa hom wou straf. Eendag het die pa aangekondig dat hy die ou boom gaan afkap omdat dit jare lank nie vrugte gedra het nie. Daardie aand het die seun en sy vriende 'n klomp appels gekoop en in die donkerte vrugte aan die onproduktiewe takke vasgemaak. Die volgende oggend het die pa vir [...]

Jesus se agterstevoor, onderstebo koninkryk

Jesus se koninkryk is vreemd aan hierdie wêreld. Dis so vreemd dat indien Jesus se woorde en wysheid nie vir jou vreemd voel nie, die kans groot is dat jy ‘n slagoffer van die wêreldse invloede rondom jou is. Ek is nogal weer daaraan herinner met Steven Spielberg se 2018 fliek Ready Player One. In dié wetenskapsfiksiestorie is die hoofkarakter, Wade Watts, ‘n jongman op soek na ‘n verskuilde skat wat hy net kan kry deur deel te neem aan ‘n virtueel geskepte resies en dit te wen. Die resies is we [...]

Dit was Vrydag … maar toe was dit Sondag!

Dit was Vrydag … toe Jesus wreed vasgekap is aan ’n houtkruis net buitekant Jerusalem. MAAR toe breek Sondag aan wat getuig van ’n leë graf. [...]

Die jongste misdaadslagoffer is nie maar net nog ’n stukkie statistiek in die koerant nie

oe hy die jongste misdaadslagoffer aan die anderkant van die pad sien lê, het hy dadelik gaan help. Ek praat van die Samaritaan in Jesus se gelykenis in Lukas 10. Die priester en die Leviet het aan die veilige kant van die pad gebly toe hulle dieselfde man sien lê het. Hulle was maar net ontsteld. Hulle was diep geskok. Dalk het hulle iewers ’n noodvergadering van godsdienstiges bymekaargeroep om hulle skok oor die “toestand” in die land en oor die stygende misdaad uit te spreek. Dit was vir hul [...]

Vrede vir julle

Corrie en Betsie ten Boom was twee toegewyde Nederlandse sussies, wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog Jode in hulle huis weggesteek het. Hulle is deur die Nazi’s in Februarie 1944 gevange geneem en in September na die Ravensbrük-konsentrasiekamp gestuur, nadat hulle in die tronk was. [...]

Verwondering verskuif al die geestelike meubels in jou lewe

Charles Scott Sherrington (1857-1952) het in 1932 die Nobelprys gewen vir sy navorsing oor die funksies van neurons in die brein. In een van sy lesings, wat later geboekstaaf is, skryf hy die volgende oor verwondering: “We dismiss wonder commonly with childhood. Much later, when life’s pace has slackened, wonder may return. The mind then may find so much inviting wonder the whole world becomes wonderful.” [...]

Lees die Bybel beter, dan leef jy sommer ook beter

Teks: Psalm 1:2 Bybelvaardighede is op ‘n absolute laagtepunt hier in ons dag. Te veel mense wat die Bybel lees soek te veel kortpaaie. Pleks dat hulle die Bybel bestudeer, verkies hulle om “Skrif te kry”, soos wat almal dit noem. Of iemand “gee Skrif” vir hulle en dan ignoreer hulle die res. “Skrifkry” is vir hulle om een of ander vers by die Here self te kry, los van al die ander verse. “Skrifkry” is gelyk aan een of twee tekste wat uit die Woord verwyder word en dan spesiaal vir persoon A... [...]

Wat is jou “teddiebeertjies”?

Prins Andrew van die Britse koningshuis was die afgelope paar jare ‘n paar keer in die media as gevolg van sy moontlike onderduimse kontak met Jeffrey Epstein. Nou onlangs weer. Daar is selfs gepraat van moontlike geestelike afwykings en ander dinge wat onder die mat ingevee is omdat hy magtig en ‘n persoon van invloed is. Die ding wat my egter die meeste aangaande Prins Andrew gefassineer het, was nie een van hierdie populêre aantygings teen hom nie. Ek was baie meer geamuseerd toe daar gepraat [...]

Moenie net vir God werk nie

“Ek werk vir die Here.” Dit is ’n gewilde ding om te sê. Dalk is dit hoekom iemand wat hierdie woorde aangehoor het dadelik gereageer het: “En ek werk vir myself.” Ek verstaan hoekom mense sê hulle werk vir die Here. Dis nie verkeerd nie. Paulus moedig slawe in Kolossense 3:23-24 aan om hulle werk vir die Here te doen en nie vir hulle harde base nie, maar dis beter om voltyds vir die Here te leef as om net vir Hom te werk.   [...]

Jonk of oud,  jy doen die regte dinge!

Die gemiddelde 25-jarige kan verwag om 'n hele 2,4 jaar langer goeie gesondheid te geniet as sowat 20 jaar gelede. Op hul beurt kan 65 jariges verwag om nog 1,7 gesonde jare te hê - iets wat ook nie 'n paar jaar gelede die geval was nie. So bevind ’n studie aan die Mediese Fakulteit van die Universiteit van Massachusetts ’n paar jaar gelede. Mense word vandag ouer omdat mediese en sosiale dienste verbeter het. In gewone taal beteken dit dat jy op jou “oudag” dalk nie so oud gaan wees soos wat di [...]

Die twee dinge wat goeie besluite verhoed

In die vorige nuusbrief het ons gesien hoe Edwin Friedman waarsku dat leiers hulle waagmoed verloor in tye van broodnodige besluitneming en aksie. Hierdie waagmoed om die nodige, dapper besluite te neem, verlaat leiers dikwels wanneer hulle gekonfronteer word met ‘n spanlid wat emosionele druk uitoefen, of wanneer die leier ander sosiale drukkragte beleef, soos om polities korrek te moet optree. Friedman verduidelik dat daar sterk onderliggende angs in die samelewing heers en dat hierdie angs le [...]

Vroeg herfs

Vir diegene wat in die noorde van die land bly, raak dit dáárdie tyd van die jaar: kosmos langs die pad. Gedurende die middel van die somer let ek nie juis hierdie betrokke plante op nie. Hulle lyk te veel soos kakiebos of gras, maar slegs totdat hulle meteens begin blom! [...]

As God ’n een-lyner oor ons moet skryf

Toe is die skrif teen die muur - letterlik en figuurlik. Ek praat van daardie dag toe God die  of one liner oor koning Belsasar teen sy paleis se muur geskryf het terwyl hy en sy vriende partytjie gehou het. Ons lees in Daniël 5:25-28 hoe sy ganse lewe in ’n paar woorde saamgevat word: “Mene, mene, tekel, ufarsin.” Oftewel: “Getel, getel, geweeg, verdeel.”  [...]

Maak nuwe vriende, God se soort vriende!

Die term  unfriend val nie te vreemd op ons ore nie. Dit wemel immers op sosiale media. Die Oxford Dictionary se omskrywing hiervan is glashelder: “To remove someone as a friend on a social networking site such as Facebook.” Hiervan gepraat, God is glad nie sterk op unfriend nie. Inteendeel. Die Bybel leer ons Hy maak graag vriende. Boonop leer die Bybel ons dat Hy hulle lewenslank as vriende wil behou.  [...]

God se hart vir seer verhoudings

“It is because we are created in the image of the Trinity that loneliness is so crushing, that broken relationships are so debilitating, that death is so painful. Lack or loss of relationships violates our essential nature, created to reflect the relational essence of God.” – Darrell Johnson (“Experiencing the Trinity”) [...]